Inhoud Hierdie preek wys dat jy nie jou eie baas kan wees en aan Jesus Chrístus kan behoort nie. Wie hulle eie baas wil wees, doen dit om in dit wat hul vir hul self verkry sekuriteit vir hul lewe te vind. Wie sekuriteit in hul besittings vir die lewe vind, leef in angs oor die kwaad in die wêreld. Christene behoort aan die Here en dien Hom in die sekuriteit van sy sorg en daarom bekommer hulle nie oor die kwaad in die wêreld maar is hulle besorg oor hulle dienswerk van elke dag.