Inhoud Hierdie preek wys hoe Ps. 42 ʼn gebed van ʼn persoon in die angs en depressie van selfisolasie is en uit hierdie angstigheid in God se lewende teenwoordigheid die standvastigheid vind om deur sy wisselvallig te gaan sonder om in sy angs op te gaan of depressie weg te sak. Dit spreek die werklikheid aan van ʼn gemeenskap wat in skok is oor sy misplaaste geloof in die onaantasbaarheid van die lewe en as gemeenskap besig is om in ʼn kollektiewe rousmart in te gaan.