Inhoud Openbare geloofsbelydenis. Ons word met Christus se waterdoop gedoop. Sy doop is die teken dat Hy in ons sondes ingedoop is en ons doop is die teken dat ons in sy heiligheid en geregtigheid ingedoop is. Ons doop mag nooit ‘n bekeringsdoop wees nie want Christus se doop was nie ‘n bekeringsdoop nie. ‘n Bekeringsdoop vervreem ons van Christus. In die Nagmaal ontvang ons weer ‘n teken dat Syne is myne en myne is Syne. Wie nie hierdie teken so gebruik nie eet en drink ‘n oordeel oor Homself want dan word dit ‘n teken wat wys dat ek met myself moet doen wat met Jesus gebeur het.