Inhoud Hierdie preek wys dat ons ons babas doop met een doop en in een Naam: die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Met hierdie teken word hulle en ons verseker dat hulle aan die Vader behoort, deur die Seun gereinig is en deur die Heilige Gees elke dag vernuwe sal word. Hulle leef nie onder die oordeel van God om eers in sonde te val en verstrik te raak voor Hy vir hulle die Heilige Gees skenk en hulle vernuwe nie.