Inhoud Hierdie preek stel die verskil aan die orde tussen gesagsdraers wat lagwekkend en verspot is, en ʼn lewensingesteldheid wat alle gesag belaglik en bespotlik maak. Dit spreek die apatiese lewenshouding en dissosiasie waarin mense toeskouer op hulle eie lewe geword het aan. Dit wys dat Jesus Christus se gesag ons bind aan ontsag vir God en eerbied vir gesag, en nie bemagtig om alles en almal belaglik te kan maak met ʼn meerderwaardige spiritualiteit nie.