2018.08.17 Voorlegging aan die NG Kerk om 'n oop gesprek oor die aanbidding van Jesus as God en verering as afgod

February 2, 2020
Series: Brandpunte
Notes Download

Hierdie dokument is ‘n poging om in die NG Kerk se amptelike vergaderinge ‘n oop gesprek te skep oor die NG Kerk se manier om Jesus terselfdertyd as God en afgod te probeer bedien en te aanbid, die saak wat ek met die boek oor die geskiedenis van Levubu gemeente aan die orde gestel het. (Dit is ook op hierdie webwerf gratis beskikbaar) Ek het dit eers aan die Ring van Louis Trichardt op 18 Augustus 2018 voorgele wat besluit het om daaroor ‘n oop gesprek te voer en ook aan die SDR van Noordelike Sinode wat nog daarmee moet handel.