20161209 Levubu geskiedenis Paul Fouche gesels oor die Fouches en Levubu

December 9, 2016
Audio Download

Paul Fouche gesels oor die Fouches en Levubu. Sy pa en ma, Piet en Ria Fouche, het as onderwysers in die vroegveertiger jare op die Berlynse sendingstasie Tshakuma, in die Levubu vallei, kom bly en werk. Piet was van sy aankoms af betrokke by die Levubugemeenskap as kerkraadslid en Sondagskool onderwyser. Ria was die stigter van die Vrouesendingbond en het ook as die sameroeper en afrigter van die gemeenskapskonserte, in die tyd sonder TV, by tannie Baby Taljaard in die vroeg vyftigs oorgeneem. Paul was as kind deel van die kinderwereld van Levubu, as jongman boer in Levubu en later ook dosent by die Venda universiteit. Hy deel sy herinneringe met die gemeenskap. Al die fotos van die Levubu konserte op facebook was van die konserte en eenbedrywe wat Ria Fouche afgerig en opgevoer het.